Piketberg se kanon

(Uittreksel uit ’n berig in Die Burger van Donderdag 11 Februarie 1982 deur Gideon Joubert)

“Dr. Jan Dommisse, gewese burgemeester van Kaapstad, vertel my nou die dag van die kanon wat met die eerste Uniefees in 1910 op Piketberg afgeskiet is. Dié ou kanon het jare teen die hange van die Piketberge gelê. Dit is later afgesleep en op ’n houtraam van treinspoor-dwarslêers op die rugbyveld opgerig.

Die mense het die kanon gelaai en dit met ‘n dawerende gedonder afgevuur. In die ou dae het die mense glo ‘n nat spons aan ’n stok by die kanon se bek ingesteek (dit was ‘n voorlaaier) om gloeiende vonkies in die loop te blus en om die loop voldoende af te koel sodat dit veilig vir die volgende lading buskruit sou wees.  Die Piketbergers van 1910 het dit vergeet.  Die nuwe lading buskruit is ingestoot sonder om die kanon uit te spons. Die gevolge was byna rampspoedig.

Die buskruit het ontplof terwyl die man nog met die laaistok in die loop gestaan het. Hy is met stok en al oor die rugbyveld geslinger. Vir die toekouers was dit baie snaaks, maar nie vir die slagoffer nie, wat erg verbrand het.  Die man, sy van was Wiese of Grobbelaar, het baie maande in die bed moes deurbring. “

(Extract from:  In the land of the afternoon by Lawrence G. Green)

“There was once a signal canon on Piketberg Mountain bearing the date 1716. In May 1880 the old canon was brought down from the mountain to fire a salute in honour of the queen’s birthday. They fired it again when the telegraph line was opened to Cape Town and on other important occasions. All went well until a holiday in 1905 when an amateur gunner decided to give a louder salute than usual. He put in a large charge of gunpowder, rammed a wet sack into the muzzle and primed the touch hole. The boom of the historic gun rocked the village. Every window in the schoolhouse was shattered. Meanwhile the sack had been expelled from the gun like a projectile and had gone roaring into a plantation of blue gum trees, which caught alight.”

Besonderhede van die kanon

Dit is gegiet in‘n Sweedse dorpie met die naam Finspang, weeg ±862.5 kg en is ongeveer 2.222 m lank. Dit staan tans voor die hoofgebou van Piketberg Hoërskool en die plaatjie daarop lees:

Die kanon gebruik op die Piketberge tydens die bestuur van die Hollandse Oos Indiese Kompanje om burgers van dreigende inboorling aanvalle te verwittig.  Hier opgerig deur Mnr. J.A. Stofberg, prinsipaal 1935.

Die naam Piketberg het ontstaan toe Goske goeweneur aan die Kaap was (1672-1676). Die koloniste was in ’n oorlog gewikkel met die inboorlingstamme onder leiding van Gonnema. ‘n Peloton of piket soldate is op die berg gestasioneer (en daardie soldate het later die kanon gebruik om die waarskuwingskote mee te vuur) en vandaar die naam die Piketberg. Eers was dit net die berg se naam, maar die dorp is later na die berg genoem.