Emeritus Professor Matilda Burden se lesing, soos gelewer by die Eeufees Teeparty van Piketberg se Joodse sinagoge.
Piketberg: viering van Joodse Sinagoge en Museum 100 jaar
Matilda Burden
Inleiding
CJ Langenhoven:
Ons het hier byna ‘n polietse land. Kosmopoliets. Daar is nêrens op aarde ‘n nasie te kry of hy is, op een ná, hier te kry. En dan is daar nog nasies hier wat nêrens ander te kry is nie. Ek noem ‘n paar uit die menigte: Skotte en ander Engelse, Britte, Iere, Hollanders, Duitsers, Jode, Russe, Russiese Jode, Portuganse, Hollanders, Vlamingoes, Jingoes, Fingoes, Dene en Noorweërs, Zoeloes, Koedoes, Basoetoes, Italianers, Spanjole, Minorkas, Indiërs, Vrystaters, Volstruisboere, Jode, Wolboere, Jode, Namakwalanders, Dokters, Lykbesorgers, Akademiese doktors, Swaksinniges, Senatore, Grafgangers, Winkeliers, Meulenaars, Prokureurs, Losieshouers, Rowers, Mynmagnate, Arbeiders, Stakers, Engelse, Skotte, Veroweraars, Roofbuiters, Jode, Vrugtewinkeliers, Grieke, Resensente, Doktore, Hereros, Administrateurs, Duitsers, San, Khoikhoi, Kiesers, Suffragette, Prokureurs, Erfgename, Jode, Engelse, Skotte en Afrikaners.
Hoekom spot Langenhoven so tong in die kies met die Jode wat hier te vinde was? Nie omdat hulle in getalle so baie was nie, maar omdat hulle so ‘n sterk en onuitwisbare invloed op die Suid-Afrikaanse samelewing gehad het. Dit was veral op die platteland wat hulle gedurende die laaste twee dekades van die 19de en die eerste ses dekades van die 20ste eeu ‘n inherente deel van die gemeenskappe geword het.
Vanwaar en hoekom?
Daar was hoofsaaklik drie immigrasie-bewegings van Jode na Suid-Afrika, maar selfs voor die aanvang van die eerste beweging was daar al enkele Jode wat na die Kaap gekom het. Daar was Joodse matrose wat as deel van die bemanning van die eerste Portugese seevaarders by Mosselbaai en Delagoabaai aangedoen het. Daar word beweer dat Fernao Martins die eerste Jood was wat op Suid-Afrikaanse bodem voet aan wal gesit het. Hy was een van die bemanningslede van Vasco da Gama se skip, die San Gabriel. Sy taak was om as tolk op te tree tussen die bemanning en die mense wat tydens hulle togte teëgekom is, vanweë sy kennis van Arabies en Hebreeus. Maar daar is gesê dat hy maar gesukkel het om hond haaraf te maak met die Khoekhoen se klapklanke!
The first immigration movement lasted from around 1806 (which was the Second British Occupation of the Cape) up to 1880. Most of these Jews came from Britain, Germany and a few from Russia. Initially a few Jews came along with English settlers after the First Occupation, which was in 1795. Amongst them there were copper smiths, general dealers and tailors. Quite a few Jewish families formed part of the big immigration scheme of British Settlers who were sent to the Cape Colony in 1820 to strengthen English presence and influence, and help protect the Eastern Borders of the colony. But it was especially after the discovery of diamonds in 1867 that the stream of Jewish immigrants to South Africa as part of the first movement, reached a peak. Many of these fortune seekers came from Eastern Europe via England.
Tussen 1881 en 1914 het meer as 3 miljoen Jode vanuit Oos-Europa na talle wêrelddele geëmigreer. Verreweg die meeste het na Noord-Amerika, dis sogenaamde Nuwe Wêreld, gegaan, terwyl daar omtrent ‘n gelyke aantal na Argentinië, Palestina en Suid-Afrika verhuis het. Die meeste Jode wat na Suid-Afrika gekom het was van Litaue, Rusland, Pole en Roemenië afkomstig. Dit was die tweede immigrasie-beweging wat oor die vyftig jaar periode van 1880 tot 1930 gestrek het. In hierdie tyd het ongeveer 40 000 Jode na Suid-Afrika uitgewyk. Daar was baie redes, hoofsaaklik polities van aard, waarom die Jode uit daardie lande moes padgee. Daar is nie nou tyd om daarop in te gaan nie, maar baie van die teenstand en haatdraendheid wat hulle moes verduur, het uit godsdiensverskille gespruit en was die gevolg daarvan dat die Christene, hetsy Protestants of Katoliek, nie die Joodse godsdiens kon verdra nie.
Die derde immigrasie-beweging het van 1933 tot 1938 plaasgevind, met ander woorde die vyf jaar wat die Tweede Wêreldoorlog voorafgegaan het. In hierdie tyd was dit veral Joodse vlugtelinge vanaf Nazi-Duitsland wat na Suid-Afrika gekom het, in ‘n poging om weg te kom van grusame vervolging en onderdrukking. Dit is eintlik onbeskryflik wat hulle alles moes deurmaak – hulle mag nie beroepe beoefen het waar hulle met nie-Jode in aanraking gekom het nie; hulle is verbied om professionele beroepe te beoefen en in die skole is Duitse kinders voorgesê om Joodse kinders te verag en af te knou. Die Duitse Jode van hierdie derde beweging het vertel dat hulle wonderlik bygestaan is deur ander Jode wat hulle reeds in Suid-Afrika gevestig het. Daar was ook van die begin af ‘n goeie verhouding tussen die immigrante en nie-Joodse Suid-Afrikaners. Die groep wat van Duitsland af gekom het, het saamgestaan en hulle identiteit as Jode sowel as Duitsers in ‘n groter mate behou as die Jode van die eerste en tweede bewegings.
Die Jode op die platteland
Aanvanklik het die meeste Jode wat in Suid-Afrika gearriveer het, dadelik na die platteland geskuif. Dit was ‘n wêreld wat die meeste van hulle in hulle lande van oorsprong geken het, weg van die groot stede. Die vroegste Jode, veral voor 1900, het dadelik die geleentheid gesien om die bevolking op die afgeleë plase te bedien van ware waarvoor hulle nie vinnig winkels toe kon gaan nie, en so het talle van hulle begin smous. Ons ken almal kostelike en mooi stories van die Jode-smouse wat by die plase aangedoen het. Baie boere het buitekamers vir die Joodse smous ingerig, wat dan bekendgestaan het as die Jood se kamer. Hulle het selfs in die stede gesmous en daar het hulle die bynaam Bottelbekjode gekry, afgelei van hulle uitroep wanneer hulle deur ‘n buurt loop: “Bottels, bags, anything to sell?”
George Aschman, ‘n Jood wat in 1906 op Oudtshoorn gebore is, het die volgende geskryf: “…the world into which I and my brothers and sisters were born at Oudtshoorn and in which we grew up was neither solely British nor German nor Latvian, neither exclusively English or Afrikaans, neither solely Christian or Jewish, but an amalgam of all these nationalities and creeds and cultures.” Dit is verbasend hoe baie verskillende nasionaliteite daar was, want voeg ook nog daarby die Griek en die Portugees, die bruin en swart gemeenskappe, en ons kom amper uit by Langenhoven se kosmopolietse land! Die feit is dat die Jode ingeskakel het op die platteland en hulle plekke daar verdien het met welwillendheid en gemeenskapsdiens.
Hierdie verdraagsame gesindheid tussen twee en meer kulture word nêrens elders so goed geïllustreer soos by die kinders nie. Gelukkig is baie daarvan opgeteken in studies oor die Jode in Suid-Afrika, maar ook in die Afrikaanse letterkunde. Die bekende Afrikaanse skrywer PH Nortje skryf oor die kinders van verskillende nasionaliteite wat in hule buurt op Wellington woonagtig was en altyd saamgespeel het. Hy verwys na “die Hollanders oorkant die parkie, die Duitsers agter ons, die kindere Israels (dis nou die Jode) die hele Eerste Laan vol, en die Boere en die Engelse soos masels tussenin”. Solly Press, ‘n Jood wat in die Paarl grootgeword het, skryf oor die Afrikaanssprekende bende waarvan hy die leier was. Hy sê: “Die bende se permanente lede was ‘n wonderlike mengelmoes wat ‘n mens seker net in die destydse Paarl kon kry. Daar was Abie die bruin seun, Tembu die Xhosa, Ali die Moslem, Pietie die Afrikaner, Johnny die Anglikaan en die Joodjie Sollai, soos Taute, die bruin posbode my genoem het. Ons bende se hoofdoel in die lewe was om saam te speel.” Dieselfde PH Nortje wat hierbo genoem is, skryf op roerende wyse hoe die Boere-Jood op hulle dorp, ene Musikanth, gehelp het om sy ma se inkomstetjie uit groente en botter en hoendereiers aan te vul om sy skoolgeld te help betaal. Hy sluit af: “En so het Ma en Julius Musikanth my saam-saam gedra, nie net deur die hoërskool nie, maar ook die drie jaar op kollege.”
The first Jews arrived in Piketberg between 1880 and 1900 (the exact dates not known), although before that time there surely were af few pedlars or smouse who travelled through while operating in the district. According to sources the very first one to settle here was Mendel Sachs, and some of the other early families were Klein, Mondelstein, Tapnach, Myers, Blumenthal and Gordon. If it was not for them and all the Jews who followed them here, we would not be standing in this beautiful building today. Around 1922 when the foundation stone of the synagogue was laid, there were about 30 Jewish families in Piketberg.
Museums and heritage
So, back to the title of the talk. At this point you may well ask: what is the connection between “Jews, Jews and once more Jews” on the one hand and “Museums and heritage” on the other hand? There are probably quite a number of connections, but I want to focus on two: (1) the fact that the Jewish community established a new, adapted Jewish culture in South Africa which became part of South African heritage and should therefore be preserved, and (2) the fact that synagogues all over the country became part of the architectural landscape of this country, and after they have been deserted for the purposes of Jewish religious services and other activities, in some cases became, in the form of museums, the physical homes of the general South African heritage.
- About a new, adapted Jewish culture to fit the South African environment and embrace their non-Jewish neighbours: I am not an expert on South African Jewish culture at all, but I know that in the rural areas especially, the Jews had to adapt their world view and they had to learn Afrikaans, even if only to a little extent. The following example illustrates two of the points already mentioned: 1 – how the Jews were accepted and respected by the Afrikaners, and 2 – how they were forced to learn Afrikaans, because the platteland was almost 98% Afrikaans speaking. The same Langenhoven whom I have quoted right at the start, was a brilliant observer, writer and politician. He had a very dry sense of humour which people often did not catch easily.
Langenhoven trek deur die dorp (Oudtshoorn) met sy trem en sy olifant, Herrie, op pad om vakansie te gaan hou, en veroorsaak ‘n redelike konsternasie op die dorp. Hy word voorgekeer deur die burgemeester en ‘n paar lede van die stadsraad, vir wie hy nooit ‘n goeie woord gehad het nie (lede van die stadsraad: donkies). Die burgemeester wil opsluit ‘n konstabel laat roep, en Neelsie verduidelik: “Gelukkig kom ou Meester Hotz by [dis nou die Jood op die stadsraad], die enigste verstandige man in die dorp. Hoe op aarde hy tot Stadsraadslid verkies is, sal ek nooit begryp nie.” Meester Hotz kom toe op vir Neelsie en sê: “Laat hoem gaan. My oenterviendoenk miet Miester Langnôôl ies, wie miender joe miet hoem noek, wie goedkoper sol dit vuur jou auskom.” [My ondervinding met Mister Langenhoven is, hoe minder jy met hom neuk, hoe goedkoper sal dit vir jou uitkom.]
- As a result of the urbanisation of Jews in the latter part of the 20th century, many synagogues became redundant as there were not enough members left to justify services and the congregations had to be dissolved. Over time some of these buildings were re-used as museums. Examples are the well-known and extremely impressive Jewish Museum in Cape Town, of which a part is housed in the old synagogue. Another museum that claims a very unique feature, is the CP Nel Museum in Oudtshoorn, which is the only museum in the world where a synagogue is part of the museum – not the other way round. The synagogue, which is incorporated into the museum, has been beautifully preserved and remains a functioning place of worship, because on special occasions services are still held there. It also displays the important history of the Jewish community in Oudtshoorn. The Old Pretoria Synagogue is a very impressive building which is not used as a museum, but was at some point used by a museum, the former National Cultural History Museum, presently known as the Ditsong Museum, for purposes of storage. Other synagogue museums are the ones in Springbok, Malmesbury, and of course Piketberg.
Museums are indispensable institutions in any society. In fact, they are one of the types of institutions without which modern society cannot prosper or move forward.
Kom ek verduidelik waarom museums so belangrik is:
- Museums is een van die belangrikste instansies verantwoordelik vir die bewaring van erfenis. Waarom moet ons erfenis bewaar? Ter wille van (en ek noem slegs drie van ‘n hele aantal belangrike redes):
- Identiteit – die kultuurerfenis waarbinne ‘n mens leef en grootword dra tot ‘n groot mate by tot die vorming van jou identiteit, en daardie kultuur sluit dinge in soos taal, gebruike, tradisies, godsdiens, tuisopvoeding, skool, kunste, jou fisiese omgewing, soos die huis waarin jy woon, en die natuurlike omgewing. En hoekom moet ‘n kind in sy grootwordjare en ‘n jongmens hul eie identiteit verstaan? Omdat die bewus wees van en verstaan van jou identiteit bydra tot jou sekuriteit – dit word jou anker in die lewe. Identiteitloosheid dra dus by tot ankerloosheid, wat weer bydra tot talle sielkundige probleme en sosiale afwykings.
- Opvoeding – die opvoedingswaarde van erfenis en dus museums is onbeperk: dit leer mense om ‘n ingeligte blik op die verlede te kry, en dit op sy beurt is onontbeerlik vir die verstaan van eietydse vraagstukke.
- Verskeidenheid – as ons nie bewaar nie, sal ons nie ‘n leefwêreld hê wat verskillende tydperke verteenwoordig nie, en hoe saai en eenders sal die wêreld nie dan wees nie? Ou geboue, ou artefakte en die kennis van ou gebruike dra by om die estitetika van ons leefwêreld te verhoog, dit maak ons lewens mooier en draagliker.
En ek sê weer – museums is die belangrikste instansies wat hierdie bewaringswerk doen. En in ons 21ste-eeuse samelewing en wêreld is museums lankal nie meer ou, vervelige plekke met voorwerpe wat verbeeldingloos uitgestal of net neergesit is nie. Dit is dinamiese instansies wat modern dink en modern ontwerp, wat “hands-on” uitstallings bedink, wat elektronika en die digitale wêreld betrek, wat opvoerings en uitvoerings reël, wat ook soms, veral in die groter sentra, platforms word vir gesprekke en debatte rondom sosiale transformasie, navorsing en nuwe denkrigtings. Die meeste museums in Suid-Afrika doen hulle bes om by hierdie nuwe beeld van museumwees aan te pas en daaraan te voldoen. En mag ek maar sê, die museums wat nié daaraan voldoen nie en waar al hierdie dinge nié gebeur nie, is gewoonlik dié wat nie behoorlike befondsing en/of ondersteuning van hulle beskermorganisasies kry nie, wat onderbeman en totaal en al onderbefonds is.
Plaaslike museums moet ‘n gemeenskap help om hulle identiteit te vind, hulle moet bydra tot die sekuriteit van die individu of ‘n groep, hulle moet mense help om hulle wortels te vind, hulle moet die leer van geskiedenis en die bewaring van erfenis ‘n lekker ervaring maak, en dit moet op deelnemende wyse aangebied word. Terwyl museums met die gemeenskap moet saamwerk om al hierdie ideale te bereik, moet hulle ook die nodige ondersteuning kry van die plaaslike, provinsiale en nasionale owerhede, sodat dit ‘n massiewe spanpoging kan wees. Hierdie massiewe spanpoging tussen museums, gemeenskap en owerhede moet gebeur omdat erfenis belangrik is, en erfenis is belangrik om daardie ankers te kry om aan vas te hou, en ook omdat die hede en die toekoms belangrik is.