Sinagoge Eeufees Fotokompetisie Wenfoto’s

Sinagoge Eeufees Fotokompetisie Wenfoto’s

Piketberg se ou, joodse sinagoge is in 1925 gebou en is dus vanjaar 100 jaar oud. Om die eeufees te vier, het Piketberg Museum ‘n fotokompetisie gehou, waar fotograwe foto’s van die gebou, binne of buite, kon neem. Daar was altesaam 34 inskrywings. Die beoordelaars het toe die top tien foto’s gekies en daaruit is ‘n wenner aangewys.

Jeanri Olwage is as wenner aangewys met haar foto, May we never lose our wonder. Die ander top tien foto’s, in geen spesifieke volgorde, is as volg:
Leandré Greeff – Centurial Reflection en Bewaarder van herinneringe, Con-Li Halvorsen – I spy, Kara Wasserfaal – Magenta en 6 Point Star, Tammy Boys – For the commandment is Light, Mari Fifaz – In between, Moira van der Westhuizen – Shadows on the wall en Soreen Gouws – Architectural symmetry in black and white.