Bosman di Ravelli (1882 -1967)

Jan Gysbert Hugo Bosman is gebore in Piketberg, op 24 Februarie 1882. Hy het sy naam verander na di Ravelli in 1902 in Leipzig, waar hy sy loopbaan as konsertpianis begin het.

Sy vader, Izak, was van die Bottelary Bosmans en sy moeder, Hermina (Miena) Boonzaaier was afkomstig van Winkelshoek, Piketberg, wat deur haar oupa, Petrus Johannes Boonzaaier uitgelê is in 1781. Jan het studeer aan ’n B.A. graad by Victoria College in Stellenbosch en vertrek dan na Londen, Engeland op 1 Oktober 1899. Kort daarna verhuis hy na Leipzig, Duitsland.

Hy speel Chopin se “Second Piano Concerto” as deel van sy eerste konsert as pianis in Berlyn in 1903, wat daarna gevolg word deur ’n toer van Duitsland waar hy homself as die eerste internasionale Suid-Afrikaanse konsertpianis bevestig.

Di Ravelli keer terug na Suid-Afrika in 1905, waar hy ’n studie maak van tradisionele Zoeloe musiek.  Hy dra terselfdertyd ook by tot Die Brandwag tydskrif as musiek joernalis, maar verhuis weer na Europa in 1910. In Londen sit hy sy musiekloopbaan voort, maar dit word gestaak deur die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog. Daarna gaan woon hy in Locarno, Italië en gebruik hierdie tyd om Arabies en Hebrews te bestudeer en ook Engelse gedigte te skryf, wat later gepubliseer sal word in die Italian Mirror.

Uiteindelik keer hy terug na sy vaderland in 1956 en woon saam met die bekende skilder, Maggie Laubscher, tot sy dood in Mei 1967.