Episode 5

 
In die “90 Jaar van Genade” videoreeks vier ons die 90-jaar herdenking van Piket Implemente, asook sy werknemers, kliënte en die Van Niekerk en Krupp families deur die loop van sy geskiedenis.

Tydens die 1980’s, na ‘n reis SIMA Landbouskou toe in Frankryk, ontwerp Carel van Niekerk die ‘Piket Uitmeter’. Aanvanklik bedoel vir die Piket Eenrigting Veerploeg, is die uitmeters uiteindelik gebruik vir die vervaardiging van die eerste Piket Planters. Die Piket Uitmeter was die eerste plaaslike vervaardigde saad uitmeters in Suid-Afrika en word vandag nog op Piket Planters gebruik.

Hierdie episode handel oor die besigheid se skuif van “ploeg tot planter” en gee insig oor die eerste produksie van die Piket Planters en die aankoms van Bewaringslandbou.

Vervaardig deur Piket Implemente.
Geredigeer deur Simone van der Colff.
Vertolk deur Chris-Fick van Niekerk.

Die handelsmerke: “Piket Implements” en “Piket Implemente”, en enige inligting met betrekking tot die besigheid behoort eksklusief aan die maatskappy, Piket Implemente (Edms.) Bpk., Registrasienommer: 2018/310816/07.

Piket Implemente (Edms) Ltd. Kloof Straat 36, Piketberg, 7320, Suid-Afrika.