Episode 3

 
In die “90 Jaar van Genade” videoreeks vier ons die 90-jaar herdenking van Piket Implemente, asook sy werknemers, kliënte en die Van Niekerk en Krupp families deur die loop van sy geskiedenis.

In Episode 3 kyk ons na die stigting van “Van Niekerk & Krupp” se filiaal, “Zebra Motors”. Onder die bestuur van Hennie en Chris Van Niekerk, asook die besigheid se bekwame werkswinkel en enjin-afdeling, het Zebra Motors ongeveer 75 Datsun bakkies per jaar verkoop. In hierdie video kyk ons ook na Massey-Ferguson en die verband tussen die trekker- en motor industrie.

Vervaardig deur Piket Implemente.
Geredigeer deur Simone van der Colff.
Vertolk deur Chris-Fick van Niekerk.

Die handelsmerke: “Piket Implements” en “Piket Implemente”, en enige inligting met betrekking tot die besigheid behoort eksklusief aan die maatskappy, Piket Implemente (Edms.) Bpk., Registrasienommer: 2018/310816/07.

Piket Implemente (Edms) Ltd. Kloof Straat 36, Piketberg, 7320, Suid-Afrika.