Episode 1

 
In die “90 Jaar van Genade” videoreeks vier ons die 90-jaar herdenking van Piket Implemente, asook sy werknemers, kliënte en die Van Niekerk en Krupp families deur die loop van sy geskiedenis.

In Episode 1 vertel ons die storie van die Van Niekerk en Krupp families, en hoe Afrikaner en Jood bymekaar gekom het en die familiebesigheid “Van Niekerk & Krupp” in 1933 gestig het. Die episode gee ook ‘n agtergrond van die meganisasie van die Suid-Afrikaanse landboubedryf en kyk hoe die klein landbougemeenskap van Eendekuil ontwikkel het.

Vervaardig deur Piket Implemente.
Geredigeer deur Simone van der Colff.
Vertolk deur Chris-Fick van Niekerk.

Die handelsmerke: “Piket Implements” en “Piket Implemente”, en enige inligting met betrekking tot die besigheid behoort eksklusief aan die maatskappy, Piket Implemente (Edms.) Bpk., Registrasienommer: 2018/310816/07.

Piket Implemente (Edms) Ltd. Kloof Straat 36, Piketberg, 7320, Suid-Afrika.